top of page
woud van nege en negentig vlerke
die vloedbos sal weer vlieg

Bloemlesing - Gedigte

 

"Die lewe is 'n asem lank"

Samesteller: Frieda van den Heever

Tafelberg

2023

"Hierdie land: Daar is iets aan Suid-Afrika "

Samesteller: Nicol Stassen

Protea Boekhuis

2023

"Die skerpgevylde oomblik - 'n huldiging, Petra Muller"

Samesteller: Karen de Wet

Naledi

2022

"Blinkertjies in Pa se baard"

Samesteller: Marieta Nel

Lapa uitgewers

2022

 

"Die skool vir rampspoedige talente"

Samesteller: Marieta Nel

Lapa uitgewers

2022

"iewers, êrens",

Skilderye deur Willem Pretorius
met begeleide gedigte

Samesteller: Deborah Steinmair

Protea Boekhuis

2021

"Maskers en mure"

Samesteller: Daniel Hugo

Turksvy Publikasies

2021

"Vers & Vrou"

Samesteller: Karen de Wet

Human & Rousseau

2020

"I wish I'd said -
A product of the AVBOB Poetry Project"

Samesteller: Johann de Lange  en Mantoa Motinyane, Naledi

2018

"Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte" 

Lux Verbi
Samesteller: Cas Vos  
2017

"Onse mense 2"

Portrette deur Marié Stander met begeleide gedigte

Selfpublikasie deur Marié Stander

2016


"Spreek die woord"

Verskeie kunstenaars

Samesteller: Louis Jansens van Vuuren

2016

 

"Rympies vir pikkies en peuters"

Samestellers: Riana Scheepers

Tafelberg

2015


"Portretteer"

Verskeie kunstenaars

Samesteller: Louis Jansens van Vuuren

2015


"in a burning sea - contemporary Afrikaans
poetry in translation"

Vertaler: Leon de Kok

Samestellers: André P. Brink en Marlise Joubert

Protea Boekhuis

2014

"Piekfyn Afrikaans Leesboek graad 5"

Samestellers: Riens Vosloo en Fanie Viljoen

Best Books

2013

"Vonk@verse - 'n bundel vir jong lesers"

Samesteller: Jeanette Ferreira en Rina Lamprecht

Best Books

2011

"Vonk@verse - 'n bundel vir tieners"

Samesteller: Jeanette Ferreira en Rina Lamprecht

Best Books

2011

"Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte"

Samesteller: Fanie Olivier

Human & Rousseau

2010

"Versindaba 2009"

Samesteller: Marlise Joubert

Protea Boekhuis

2009

 
"Groot Verseboek"

Samesteller: André P. Brink

Tafelberg

2008


"Versindaba 2008"

Samesteller: Marlise Joubert

Protea Boekhuis

2008


"Versindaba 2006"

Samesteller: Marlise Joubert

Protea Boekhuis

2006

 

"Honderd Dichters 6"

Stichting Internationaal Forum voor Afrikaanse

Vlaamse en Nederlandse Taal- en Letterkunde

2002


"Vlieg"

Verskeie samestellers

Studentekultuur. Universiteit van Pretoria

1995-1999


"Losvoor"

Samesteller: Antjie Krog

Shutter & Shooter Publishers

1994

Nuut

Bloemlesing - Gedigte
Verse vir Uitstallings

Verse vir Uitstallings

Deur die jare het ek 'n gerf opdragverse vir ander kunstenaars se uitstallings geskryf
 

"Onse mense 2"

Vir portret deur Marié Stander

Kurator: Monica Ross

PJ Olivier Kunssentrum

Woordfees, Stellenbosch

2016

 

"Spreek die woord/ Break the spell"

Vir uitstalling

Kurator: Louis Jansesn van Vuuren

Oude Libertas galery

Woordfees, Stellenbosch

2016


"Tuin van digters-uitstalling"

Vir veertigjaar bestaansviering van

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

Paarl

2015


"This Land"

Vir Salomi Prinsloo se solouitstalling.

Signature Gallery, Pretoria

2011

"Skilder met woorde II"

Vir skildery deur Helena Hugo

Kurator: ATKV. Aardklop Kunstefees

Potchefstroom

2010

"Onse mense. "Seënwens vir Sherryne Willemse"

Vir portret deur Marié Stander

Kurator: Monica Ross

Sanlam kunsgalery, Stellenbosch

2010


"Skilder met woorde"

Vir skildery deur Wayne Barker

Kurator: ATKV. Aardklop Kunstefees

Potchefstroom

2009


"Haikoes"

Vir Strijdom van der Merwe se landskapkunswerk

Klein Karoo Nasionale Kunstefees

Outshoorn

2008

 

"Wordart"

Vir skildery deur Theo Kleynhans

Rust & Vrede, Durbanville

2007


"Pealing and revealing"

Vir Salomi Prinsloo se solouitstalling.

Tina Skukan Galery, Pretoria

2006

Voorlesing - Gedigte
Carina_20Stander_20_2011_polarr.jpg

Voorlesings

"GEDIGTE DEUR CARINA STANDER"

30min voorlesing deur Erica Wessles

Radio Sonder Grense, Vers & Klank

Nov 2020

Luister

 

"VUURLING"

Sang: Kim Hoelscher 

Toonsetting: Herman van den Berg

Luister

Ek glo omtrent soveel in wonderwerke as wat ek in vuurwerke glo: Mens hoef nie te verstaan hoe plofstof werk om die lig en krag daarvan te herken nie.” So word daar gepraat in Die Bergengel. Natuurlik voel dit soos ‘n vuurwerk-wonderwerk wanneer die eeuoue Kleinkaap boekiehotel in Pretoria hulle deure in 2022 oopmaak vir ‘n Die Waterplek:Afrika boekbekendstelling  - 'n onvergeetlike aand van storieboek-geïnspireerde Afrikakos; bloeiselbome vol liggies; 'n harpspeler wat ons ure aaneen betower; lesers opgedollie soos karakters uit my boekreeks, ‘n honderdtal Gabriëlliërs en Afrikalinge wat saam fees. Die DeKat-studio in Johannesburg het in dieselfde week hulle betowerende woning aangebied vir ‘n Waterplek-boekpartytjie en ek het weer my werksuniform aangetrek: gestewel, bevlerk en verlig! Die uitsig, die atmosfeer, die kos en wyn, die interessante geselskap was soos iets uit 'n storie. Vir die Wonderwese se bekendstelling in 2019 het Kleinkaap boetiekhotel my ook nader gewink met ‘n vuurblaser en stelstapper, stokou verligte bome, kelners en kelnerinne wat versier is soos my boekkarakters. Die sjef het vreemde geregte uit my boek vir die gaste opgetower soos takboktonge en pou gerol in spek. Die honderdtal gaste het aangetrek soos karakter en daar was vlerke, skermbrille, hoede, korsette, beblomde rokke, tjalies, mantels, staalarms en veremaskers. Lag-lag een van die spesiaalste aande van my lewe saam met feestelike lesers. 

Dit was ook ’n voorreg om in 2019 in Gordonsbaai se historiese kerkie op te tree saam met die begaafde Joshua na die Reën. Al het ons mekaar nog net een keer tevore vinnig ontmoet, was dit ’n ou droom om saam ’n projek aan te pak, aangesien ons werk op soveel vlakke oorvleuel. Sy broer het my inksketse van tonele uit Die Bergengel en Die Wonderwese enorm groot geprojekteer teen die muur van die kerkie terwyl ek twaalf gedeeltes uit my boeke voorlees en hy twaalf liedere sing. Toe die kragonderbreking ons tref (en voordat die kragopwekker aangeskakel is) het Jacques in die donker voor die klavier ingeskuif en gesing dat sy stem deur die donker kerkie weergalm. Dit was een van daardie oomblikke wanneer die alledaagse toweragtig voel. ’n Aand van musiek en woord, berg en see, siel en gees, volmaan en wind. Magic!

 

Dit maak my werklik opgewonde wanneer prosa en poësie nie net 'n leefruimte in lesinglokale en biblioteke kry nie, maar ook in kroeë en café's, wynkelders en kerke, in voorhuise en agterplase. In my studentejare was ek deel van poësievoorlesings in Gauteng saam met die Bekgeveg-span en sedert die verskyning van my digdebuut in 2006 tree ek op by die Woordfees en Versindaba op Stellenbosch, Cultivaria in die Paarl, die Eeufeessimposium in Bloemfontein, Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum in Wellington, die Breyten Breytenbach Boekfees op Montagu, die Jeffreysbaai Leesfees, Innibos Kunstefees in Nelspruit en ook die aanlyn Madibaland World Literary Festival. Daar was ook vele voorlesings en boekgesprekke op Radio Sonder Grense, Radio Helderberg, Radio Tygerberg, Kwêla en Pasella (KykNet).

 

Musiek maak digkuns toeganklik. 'n Handvol gedigte uit my tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep, Souldada vir hul CD's Oer de grins en Watervolk, asook deur Herman van den Berg vir sy CD, Onthou. Proe die Aarde was 'n projek bestaande uit my gedigte, Herman van den Berg se gedigtoonsettings en koskuns deur Letitia Prinsloo van Institute of Culinary Arts. Vyftien musiekverse: die vloedbos sal weer vlieg is 'n skepping van musikant Ha!man (Francois le Roux) waar ek my verse voorlees terwyl Francois spontaan inval met tjello, klavier, jembe, bekfluit en mooie mondklanke. Vir die kunsliedere-produksie, Nuwe woorde word nuwe liedere is my gedigte getoonset deur komponis Niel van der Watt en opgevoer by nasionale kunstefeestse. Vir die belewenisteaterstuk, Tussen Hemel en Aarde het Herman van den Berg my en TT Cloete se verse musikaal verwerk met filmkuns deur Pieter Lombaard en regie deur Alexa Strachan - dit is by Aardklop, die Vryfees en Woordfees opgevoer.

 

Ek lees my verse en verhale voor van San Diego in Amerika tot die Zuid-Afrika Huis in Amsterdam; die Boekehuis in Johannesburg, die Pierneefteater en die Groenkloof Oudetorium van die Universiteit van Pretoria; plattelandse plekke soos Montagu, Robertson en Beaufort-Wes; Lephalale en Naboomspruit in die Bosveld; George, Mosselbaai, Grootbrak, Knysna, Plettenbergbaai en Nature's Valley aan die Tuinroete; die Leeskamer in Swellendam; Gordonsbaai, Kaapstad en Rust & Vrede kunskompleks in Durbanville. In Stellenbosch lees ek voor by Meerlust Wynlandgoed, Lanzerac, in die vatkelder van Koopmanskloof, by Protea Boekwinkel, Klein Libertas-teater, HB Thom-teater en Sam's Jazz Café. Deur die jare het ek ook 'n aantal gaslesings by universiteite en konferensies gelewer en by talle kunsgalerye as gasspreker opgetree. Ek het 'n aantal kort skryfkursusse aangebied, onder andere die poësie-skryfkursus by die Windhoek Woordfees in Namibië.

Image by 🇸🇮 Janko Ferlič
Is jou boekklub, boekwinkel of biblioteek lus vir 'n voorlesing van verse of verhale

Kontak my gerus via vonkpos of Facebook.

bottom of page