top of page
woud van 99 vlerke

woud van nege en negentig vlerke

(Tafelberg uitgewers, 2009)

ISBN: 9780624051329

"Carina Stander gee aan die gewone 'n metaforiese of mistieke betekenis. Dit word 'n motto vir haar digkuns."

HENNING SNYMAN, UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD

 

"Dis bowendien steeds 'n verfrissend 'wilde' perspektief wat Stander bied, met 'n helder oog vir die wonderlikhede van die 'wildernis' en die grootsheid van die skepping; 'n optimistiese lewensbeskouing wat egter nie so naief is om die verskrikkinge van die wereld mis te kyk nie, en wat sodoende oortuigend aandoen."

BERNARD ODENDAAL, VERSINDABA

 

"Elke kwynende boom bevat gloeiende, lewende vere. Die implikasie van die titel, in kombinasie met die kunswerk op die voorblad, is dat die leser met 'n hele woud van sulke betowerende bome te make het."

CATRINA ALDRICH, LITNET

"Ek skryf met my oë, oor die sigbare en Onsigbare”

Versindaba onderhoud

Aug 2009

Lees

Digstring:"Lima"

Versindaba onderhoud

Junie 2010

Lees

die vloedbos sal weer vlieg

die vloedbos sal weer vlieg

(Tafelberg uitgewers, 2006)

ISBN: 0624044807

 

"'n Aardsmistiek... 'n bykans rituele opwekking van die grondstowwe."

FRANCOIS SMIT, INSIG

 

"Stander skryf liefdevol en gedetaileerd oor die intieme dinge van ons land, veral die plaaslewe en ons plattelandse landskappe met hulle grond en klippe, ons plante en diere. Veral word hier baie van saad gepraat, en dit voorspel 'n talent wat gevul is met baie mooi dinge wat nog kan kom."

TT CLOETE, RAPPORT

 

"Hier is iemand wat self die rotskuns skep en nie nog 'n digter wat oor die rotsteking skryf nie. Sy dig ru, sy dig wreed, sy dig loutere skoonheid en diep emosie.Dit maak haar werk so fris en so gelaai met energie."

HENNING SNYMAN, UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD

 

"Hier is 'n digter wat eg metafories dig, suiwer is en op 'n eerlike wyse met die lewe en spiritualtiteit in gesprek tree. Ons het 'n terugkeer na die eenvoudige, uitstulpende, bykans magiese vers." 

JOAN HAMBIDGE

"Die sintuiglike weelde van die digteres se werklikheisbelewing spoel oor in haar digkuns, wat sprankelend klankryk aandoen en uitmunt deur sy frisse beeldingskrag."

BERNARD ODENDAAL, VOLKSBLAD

bottom of page