top of page

VOORLESINGS

SKRYWERS EN BOEKE

Onderhoud deur Ilse Salzwedel met Carina Stander 

RSG, Jan 2025

Luister

"GEDIGTE DEUR CARINA STANDER"

30min voorlesing deur Erica Wessles

Radio Sonder Grense, Vers & Klank

Nov 2020

Luister

"DIE BERGENGEL VOORLESING"

5min voorlesing deur Carina Stander

Maroela Media, April 2020

Luister

"TELEVISIE-ONDERHOUD"

Insetsel oor Die Bergengel boek en kuns

KykNet,  Kwêla, Nov 2017

Kyk

"BOEKGESPREK OOR DIE BERGENGEL"

Radio Sonder Grense, Mei 2017 

Luister

 

"VUURLING"

Sang: Kim Hoelscher 

Toonsetting: Herman van den Berg

Luister

Dit maak my opgewonde wanneer prosa en poësie nie net ’n leefruimte in lesinglokale en biblioteke kry nie, maar ook in kroeë en café’s, wynkelders en kerke, voorhuise en agterplase. In my studentejare in die laat 1990’s was ek deel van poësievoorlesings in Gauteng saam met die Bekgeveg-span en sedert die verskyning van my digdebuut in 2006 tree ek wyd op met boekvoorlesings. Daar was ook ’n aantal gaslesings by universiteite, konferensies, kunsgalerye en skole, insetsels op televisie en radio en ’n reeks kort skryfkursusse wat ek aangebied het. My* Bergengel*-boekreeks is vanaf 2018 tot 2026 in geheel op Radio Sonder Grense voorgelees deur die stemkunstenaar Pieter van Zyl. 

Boekefeeste & kunstefeeste

  • Woordfees, Stellenbosch

  • Versindaba, Stellenbosch

  • Innibos Kunstefees, Nelspruit

  • Innibos Boekenaweek, Kaapschehoop

  • Aardklop, Potchefstroom

  • Vryfees en Eeufeessimposium, Bloemfontein

  • Tuin van Digters, Wellington

  • Etienne van Heerden Veldsoirée, Cradock

  • Breyten Breytenbach Boekfees, Montagu

  • Dalene Matthee Boekefees, Herold

  • Boekeblaf, Grootbrak

  • Boekmakietie, Despatch

  • Leesfees, Jeffreysbaai

  • Cultivaria, Paarl

  • Windhoek Woordfees, Namibië

  • Digtersweek, aanlyn

  • Madibaland World Literary Festival, aanlyn

Radio en televisie

  • Radio Sonder Grense

  • Radio Helderberg

  • Radio Tygerberg

  • Kwêla, kykNET

  • Pasella, kykNET

Skryfkuns met musiek

Souldada

Gedigte uit my tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke, is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep Souldada vir hul CD’s Oer de grins en Watervolk.

Herman van den Berg

Herman het van my gedigte getoonset vir sy CD Onthou. Proe die Aarde was ’n projek bestaande uit my gedigte, sy gedigtoonsettings en koskuns deur Letitia Prinsloo van Institute of Culinary Arts. Vir Tussen Hemel en Aarde het Herman my en TT Cloete se verse musikaal verwerk met filmkuns deur Pieter Lombaard en regie deur Alexa Strachan. Dis by nasionale kunstefeeste opgevoer.

 

Ha!man (Francois le Roux)

Vyftien musiekverse: die vloedbos sal weer vlieg is ’n CD van vyftien verse wat ek voorlees terwyl Francois spontaan inval met tjello, klavier, jembe, bekfluit en mooie mondklanke.

Joshua na die Reën

In Gordonsbaai se historiese kerkie het ek en Joshua na die Reën ’n vertoning gelewer. My inksketse van tonele uit die Bergengel-reeks is groot geprojekteer, terwyl ek gedeeltes uit my boeke voorlees en hy liedere sing.

Voorleesplekke: van boekwinkels tot teaters en galerye

  • Zuid-Afrika Huis, Amsterdam

  • Windhoek, Namibië

  • Boekehuis en DeKat-studio in Johannesburg

  • Pierneefteater, Groenkloof Ouditorium en Kleinkaap in Pretoria

  • Die Leeskamer, Swellendam

  • Rust & Vrede kunskompleks, Durbanville

  • Somerset-Wes biblioteek, Kaapstad

  • Protea Boekwinkel, Klein Libertas-teater, Oude Libertas, HB Thom-teater, Sam’s Jazz Café, Meerlust, Lanzerac en Koopmanskloof-vatkelder in Stellenbosch

  • Leeskringe onder andere in Gauteng, Kaapstad, Robertson, Beaufort-Wes, Lephalale, Naboomspruit, George, Mosselbaai, Grootbrak, Knysna, Plettenbergbaai, Nature’s Valley en San Diego in die VSA

  • Kunsgalerye onder meer Knysna Fine Arts, die Breytenbach Sentrum in Wellington, Tina Skukan gallery en Signature Gallery in Pretoria

Woord & wonderwêreld

“Ek glo omtrent soveel in wonderwerke as wat ek in vuurwerke glo: Mens hoef nie te verstaan hoe plofstof werk om die lig en krag daarvan te herken nie.”

Só word daar gepraat in Die Bergengel. Natuurlik het dit soos ’n vuurwerk-wonderwerk gevoel toe die eeuoue Kleinkaap Boetiekhotel in Pretoria in 2019, 2022 en 2024 sy deure oopgemaak het vir die bekendstelling van die laaste drie boeke in die reeks — onvergeetlike aande van storieboek-geïnspireerde kos; ’n harpspeler; ’n vuurblaser en stelstapper; stokou verligte bome. Elke keer het ’n honderdtal gaste aangetrek soos karakters uit my boekreeks en daar was vlerke, skermbrille, korsette, mantels en staalarms.

Die DeKat-studio in Johannesburg het in 2022 en 2024 hulle betowerende woning aangebied vir Waterplek-boekpartytjies en ek het weer my werksuniform aangetrek: gestewel, bevlerk en verlig! Die uitsig, die atmosfeer, die kos en wyn, die geselskap was soos iets uit ’n storie.

5.jpg
Waterplek.jpg
Is jou boekklub, boekwinkel of biblioteek lus vir 'n voorlesing van verse of verhale

Kontak my gerus via vonkpos of Facebook.

  • Good reads_4x
bottom of page