top of page
omslag waterplek voorplat vir bemarking-1.jpg
omslag wonderwese voorplat (1).jpg
Die Waterplek: Afrika
Die Wonderwese
Die Bergengel
Wildvreemd
Wolkland

Bloemlesing - Verhale

Nuut

"Nicol Stassen 60" 

Protea Boekhuis

2023

"Leë blikkies vol liefde"

Samesteller: Fiona van Kerwel

Best Books

2023 

"Geseënd is die wat treur" 

Samesteller: Susan Jordaan

NB Uitgewers

2022

"Ingonyama en ander maats met leeueharte"

Samesteller: Carin Krahtz 

NB Uitgewers

2021

"Kleure van die liefde"

Samesteller: Corlia Fourie

Human & Rousseau

2017


"Piekfyn Afrikaans Leesboek graad 9"

Samesteller: Riens Vosloo

Best Books

2013

"Ware Liefde"

Samesteller: Corlia Fourie

Human & Rousseau

2008

 

"Romances to Remember"

Samesteller: Corlia Fourie

Human & Rousseau

2008

"In 'n neutedop"

Samesteller: Izak de Vries

Bateleur books

2006


"Braaivleis in die bos en ander verhale"

Samesteller: Neil Cochrane

Aktuapers

2003


"Drif"

Samesteller: Lindeque de Beer

J. P. van der Walt

Uitgewer

1995


Op hoërskool verkoop ek kuns sodat ek drie jaar die ATKV-Skryfskool aan die Universiteit van Potchefstroom kan bywoon. In my matriekjaar (1994) wen my eerste kortverhaal 'n tjekkie by die Congress of South African Writers. Later is van die kortverhale wat ek as skoolkind geskryf het, opgeneem in verskeie voorgeskrewe bloemlesings vir hoërskole. Van my verhale verskyn ook in tydskrifte en versamelbundels. 

Bloemlesing - Verhale
Tydskrifverhale

Tydskrifverhale

Asemskep

Vrouekeur

Feb 2020

"Ek hoor jou"

Vrouekeur

September 2019

Lees

"Die ontwaking van deugsame Daan"

Vrouekeur

Januarie 2019

"Die selfportret"

Vrouekeur

Julie 2016

"Blinkklip in die boendoe"

Rooi Rose

Des 2009

 

"Eendaglelies"

Sarie

Jun 2009

"Indringers"

Boeke-Insig

Lente 2008

"Boesemvriendin"

Rooi Rose

Sep 2007

 

"Grond"

De Kat

Somer 2006

 

"Sand of my birth"

De Kat

Somer 2006

 

"Wegholbende"

Finesse

Des 1999

Carina_20Stander_20_2011_polarr.jpg

Voorlesings

"DIE BERGENGEL VOORLESING"

5min voorlesing deur Carina Stander

Maroela Media

April 2020

Luister

"TELEVISIE-ONDERHOUD"

Insetsel oor Die Bergengel boek en kuns

KykNet,  Kwêla

Nov 2017

Kyk

"BOEKGESPREK OOR DIE BERGENGEL"

Radio Sonder Grense

Mei 2017 

Luister

Voorlesings - Verhale

Ek glo omtrent soveel in wonderwerke as wat ek in vuurwerke glo: Mens hoef nie te verstaan hoe plofstof werk om die lig en krag daarvan te herken nie.” So word daar gepraat in Die Bergengel. Natuurlik voel dit soos ‘n vuurwerk-wonderwerk wanneer die eeuoue Kleinkaap boekiehotel in Pretoria hulle deure in 2022 oopmaak vir ‘n Die Waterplek:Afrika boekbekendstelling  - 'n onvergeetlike aand van storieboek-geïnspireerde Afrikakos; bloeiselbome vol liggies; 'n harpspeler wat ons ure aaneen betower; lesers opgedollie soos karakters uit my boekreeks, ‘n honderdtal Gabriëlliërs en Afrikalinge wat saam fees. Die DeKat-studio in Johannesburg het in dieselfde week hulle betowerende woning aangebied vir ‘n Waterplek-boekpartytjie en ek het weer my werksuniform aangetrek: gestewel, bevlerk en verlig! Die uitsig, die atmosfeer, die kos en wyn, die interessante geselskap was soos iets uit 'n storie. Vir die Wonderwese se bekendstelling in 2019 het Kleinkaap boetiekhotel my ook nader gewink met ‘n vuurblaser en stelstapper, stokou verligte bome, kelners en kelnerinne wat versier is soos my boekkarakters. Die sjef het vreemde geregte uit my boek vir die gaste opgetower soos takboktonge en pou gerol in spek. Die honderdtal gaste het aangetrek soos karakter en daar was vlerke, skermbrille, hoede, korsette, beblomde rokke, tjalies, mantels, staalarms en veremaskers. Lag-lag een van die spesiaalste aande van my lewe saam met feestelike lesers. 

Dit was ook ’n voorreg om in 2019 in Gordonsbaai se historiese kerkie op te tree saam met die begaafde Joshua na die Reën. Al het ons mekaar nog net een keer tevore vinnig ontmoet, was dit ’n ou droom om saam ’n projek aan te pak, aangesien ons werk op soveel vlakke oorvleuel. Sy broer het my inksketse van tonele uit Die Bergengel en Die Wonderwese enorm groot geprojekteer teen die muur van die kerkie terwyl ek twaalf gedeeltes uit my boeke voorlees en hy twaalf liedere sing. Toe die kragonderbreking ons tref (en voordat die kragopwekker aangeskakel is) het Jacques in die donker voor die klavier ingeskuif en gesing dat sy stem deur die donker kerkie weergalm. Dit was een van daardie oomblikke wanneer die alledaagse toweragtig voel. ’n Aand van musiek en woord, berg en see, siel en gees, volmaan en wind. Magic!

 

Dit maak my werklik opgewonde wanneer prosa en poësie nie net 'n leefruimte in lesinglokale en biblioteke kry nie, maar ook in kroeë en café's, wynkelders en kerke, in voorhuise en agterplase. In my studentejare was ek deel van poësievoorlesings in Gauteng saam met die Bekgeveg-span en sedert die verskyning van my digdebuut in 2006 tree ek op by die Woordfees en Versindaba op Stellenbosch, Cultivaria in die Paarl, die Eeufeessimposium in Bloemfontein, Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum in Wellington, die Breyten Breytenbach Boekfees op Montagu, die Jeffreysbaai Leesfees, Innibos Kunstefees in Nelspruit en ook die aanlyn Madibaland World Literary Festival. Daar was ook vele voorlesings en boekgesprekke op Radio Sonder Grense, Radio Helderberg, Radio Tygerberg, Kwêla en Pasella (KykNet).

 

Musiek maak digkuns toeganklik. 'n Handvol gedigte uit my tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep, Souldada vir hul CD's Oer de grins en Watervolk, asook deur Herman van den Berg vir sy CD, Onthou. Proe die Aarde was 'n projek bestaande uit my gedigte, Herman van den Berg se gedigtoonsettings en koskuns deur Letitia Prinsloo van Institute of Culinary Arts. Vyftien musiekverse: die vloedbos sal weer vlieg is 'n skepping van musikant Ha!man (Francois le Roux) waar ek my verse voorlees terwyl Francois spontaan inval met tjello, klavier, jembe, bekfluit en mooie mondklanke. Vir die kunsliedere-produksie, Nuwe woorde word nuwe liedere is my gedigte getoonset deur komponis Niel van der Watt en opgevoer by nasionale kunstefeestse. Vir die belewenisteaterstuk, Tussen Hemel en Aarde het Herman van den Berg my en TT Cloete se verse musikaal verwerk met filmkuns deur Pieter Lombaard en regie deur Alexa Strachan - dit is by Aardklop, die Vryfees en Woordfees opgevoer.

 

Ek lees my verse en verhale voor van San Diego in Amerika tot die Zuid-Afrika Huis in Amsterdam; die Boekehuis in Johannesburg, die Pierneefteater en die Groenkloof Oudetorium van die Universiteit van Pretoria; plattelandse plekke soos Montagu, Robertson en Beaufort-Wes; Lephalale en Naboomspruit in die Bosveld; George, Mosselbaai, Grootbrak, Knysna, Plettenbergbaai en Nature's Valley aan die Tuinroete; die Leeskamer in Swellendam; Gordonsbaai, Kaapstad en Rust & Vrede kunskompleks in Durbanville. In Stellenbosch lees ek voor by Meerlust Wynlandgoed, Lanzerac, in die vatkelder van Koopmanskloof, by Protea Boekwinkel, Klein Libertas-teater, HB Thom-teater en Sam's Jazz Café. Deur die jare het ek ook 'n aantal gaslesings by universiteite en konferensies gelewer en by talle kunsgalerye as gasspreker opgetree. Ek het 'n aantal kort skryfkursusse aangebied, onder andere die poësie-skryfkursus by die Windhoek Woordfees in Namibië.

Image by 🇸🇮 Janko Ferlič
Is jou boekklub, boekwinkel of biblioteek lus vir 'n voorlesing van verse of verhale

Kontak my gerus via vonkpos of Facebook.

bottom of page