ontmoet    skilder-beeldhouer    digter    verhaalskrywer    joernalis    blogger   

VERSVOORLESINGS

My digbundel, woud van nege en negentig vlerke is in 2009 deur Tafelberg vrygestel. Herman van den Berg het van die gedigte getoonset. Luister na die MP3 van "Varsgeborene" uit hierdie bundel.

hoe & waar?

Dit maak my opgewonde wanneer poësie nie net 'n lêplek in lesinglokale en biblioteke kry nie, maar ook in kroeë en café's, wynkelders en kerke, in voorhuise en agterplase - in die hande van gewone lesers.

In 1998-1999 hou ek poësievoorlesings in Gauteng saam met die Bekgeveg-span. Sedert die verskyning van my digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg (Tafelberg, 2006), lees ek verse voor op Pasella (SABC2) en Radio Sonder Grense, Radio Helderberg, MFM 92.6, Kingfisher Radio, by die Woordfees en Versindaba op Stellenbosch.

Musiek maak digkuns toeganklik. Proe die Aarde was 'n projek saam met musikant Herman van den Bergh by l'Olive in Stellenbosch, bestaande uit my gedigte, Herman se gedigtoonsettings en koskuns deur Letitia Prinsloo van Institute of Culinary arts. In 2007 gebruik Laurika Rauch verse uit die vloedbos sal weer vlieg vir haar vertoning, Gedigte by die Centurion teater in Pretoria. Vyftien musiekverse: die vloedbos sal weer vlieg is 'n skepping van musikant Ha!man (Francois le Roux) waar ek my verse voorlees terwyl Francois spontaan inval met tjello, klavier, jembe, bekfluit en mooie mondklanke. Vir die kunsliedere-produksie, Nuwe woorde word nuwe liedere is 'n klompie van my gedigte getoonset deur komponiste soos Niel van der Watt en opgevoer by Woordpoort in Pretoria (2009) en die Woordfees in Stellenbosch (2010).

Meestal is voorlesings 'n mengsel van gesprek en dié musiekverse. Voorlesings strek van San Diego in Amerika tot Lephalale in die Bosveld en die Zuid-Afrika Huis in Amsterdam, die Boekehuis in Johannesburg, Karoo Café en Pappa's Real Food in Pretoria, Klein Karoo Boekwinkel in Montagu, Beaufort-Wes, Nature's Valley aan die Tuinroete, Gordonsbaai, Garsfontein, Randburg, Cape to Cuba in Kaapstad en Rust & Vrede kunskompleks in Durbanville. In Stellenbosch lees ek verse by Meerlust Wynlandgoed, in die vatkelder van Koopmanskloof, by Protea Boekwinkel, Klein Libertas teater, HB Thom teater en Sam's Jazz Café.

Is jou boekklub, boekwinkel of biblioteek lus vir 'n versvoorlesing?
Kontak my by carinastander@carinastander.com
Bestel Vyftien musiekverse: die vloedbos sal weer vlieg teen R100 (posgeld uitgesluit.)
Luister na 'n musiekvers
Luister na nog een