ontmoet    skilder-beeldhouer    digter    joernalis    versvoorleser    blogger   

VERHAALKUNS

Op hoërskool het ek kuns verkoop, sodat ek drie jaar na mekaar die ATKV-Skryfskool aan die Universiteit van Potchefstroom kon bywoon. In my matriekjaar (1994) wen my eerste verhaaltjie 'n lywige tjek by die Congress of South African Writers. Met dié prysgeld skaf ek my eerste eie woordeboeke aan. Later verskyn my kortverhale in tydskrifte en versamelbundels en 'n handvol word vir hoërskole voorgeskryf. Onlangs is ek gevra om my en my man se verhaal op te teken vir 'n boek waarin die liefdesverhale van 26 ander Suid-Afrikaners soos Madiba en Ingrid Jonker verskyn.

bundels & bloemlesings

tydskrifte

internet

toekennings