As kunsstudent was ek 'n kranige rommelraper. Gereeld het ek in skrootwerwe rondgekrap, opsoek na iets om te beitel, saag, smelt of sweis. Soms het ek die wonderlikste ontdekkings gemaak: staalplafonne van huise uit 'n vorige era, beesklokke en kabels, stoele vol stories. Die Pędi op die skildery (tot my skaamte het ek sy naam vergeet) was só 'n ontdekking. Hy het jare lank met vullis gewerk. En tog had hy 'n vreemde, ouwęreldse trots. Hy het daar rondbeweeg asof hy die aristokrasie van die wrakwerf is. Hel, het ek gedog, dié rakgolo hoort nie hier nie - maar waar dan? Dit het my nege jaar geneem vandat ek die foto geneem het, totdat ek hom kon skilder soos wat ek hom sien. Verhewe en vry. Byna vlinderagtig.