Tippi is 'n besonderse Franse dogtertjie wat geen vrees vir diere ken nie. Foto's van haar op die rûe van olifante, luiperds en slange, is deur haar filmmaker-ouers, Sylvie Robert en Alain Degré, geneem. Dit is asof Tippi 'n stuk van die Nuwe Aarde beleef waar die leeu en die lam by mekaar lê en die beer saam met die beeste wei en klein kindertjies veilig tussen giftige adders speel. (Jesaja 11:8).