Inkskets vir slenterfees

Hierdie is die inkskets wat ek vir die plakkaat van die Slenterfees van Neetlingshof (wat deel uitmaak van Woordfees 2011 op Stellenbosch) gemaak het. Die titel van die skets is ook "Elwe & selwe". As jy mooi kyk, sal jy die hand in die meisie se hare sien wat haar "gedagtes" skryf of verf. Daar rank druiweblare in 'n spiraal uit haar kop en drie wingerd-elfies is versteek tussen die druiwetrosse.