'n Houtbeeld gebeitel uit 'n jakarandastomp wat ek in een van Pretoria se prostitusiestrate opgetel het. Dié beeld van 'n gekruisigde meisie met 'n oopgekloofde rug en 'n rugstring van vlakvarktand, was die prikkel vir die “Karkaskaal”-gedigtereeks in my digdebuut die vloedbos sal weer vlieg (Tafelberg, 2006). Soos met die gedigte, eindig ook hierdie beeld nie in dood en (seksuele) slagting nie. Aikona, kyk mooi: 'n mossie maak nes in die vlarkvarkskedel op haar kop en uit haar arms van bamboes, spruit nuwe takkies.