Die volgende resensies is insiggewend:
Resensie van digbundel op Versindaba
Resensie van digbundel op LitNet

“Carina Stander gee aan die gewone 'n metaforiese of mistieke betekenis.
Dit word 'n motto vir haar digkuns”
prof Henning Snyman, Universiteit van Kaapstad
"Dis bowendien steeds ’n verfrissend "wilde" perspektief wat Stander bied, met ’n helder oog vir die wonderlikhede van die "wildernis" en die grootsheid van die skepping – ’n optimistiese lewensbeskouing wat egter nie so naïef is om die verskrikkinge en droewighede van die wêreld mis te kyk nie, en wat sodoende oortuigend aandoen."
prof Bernard Odendaal, Versindaba webblad
"’n Bundel wat met verbeelding en metafoor só begin soos woud van nege en negentig vlerke van Carina Stander, beloof om iets te beteken."
prof Ampie Coetzee, Die Burger
Elke kwynende boom bevat gloeiende, lewende vere. Die implikasie van die titel, in kombinasie met die kunswerk op die voorblad, is dat die leser met ’n hele woud van sulke betowerende bome te make het.
Catrina Aldrich, LitNet
"'n Aardsmistiek... 'n bykans rituele opwekking van die grondstowwe."
Francois Smit, Insig
"Stander skryf liefdevol en gedetaileerd oor die intieme dinge van ons land, veral die plaaslewe en ons plattelandse landskappe met hulle grond en klippe, ons plante en diere.
Veral word hier baie van saad gepraat, en dit voorspel 'n talent wat gevul is met baie mooi dinge wat nog kan kom."
prof T.T. Cloete, Rapport
"Hier is iemand wat self die rotskuns skep en nie nog 'n digter wat óór die rotsteking skryf nie. Sy dig ru, sy dig wreed, sy dig loutere skoonheid en diep emosie.Dit maak haar werk so fris en so gelaai met energie."
prof Henning Snyman, Universiteit van Kaapstad
"Die sintuiglike weelde van die digteres se werklikheisbelewing, spoel oor in haar digkuns, wat sprankelend klankryk aandoen en uitmunt deur sy frisse beeldingskrag."
prof Bernard Odendaal, Volksblad
"Hier is 'n digter wat eg metaforis dig, suiwer is en op 'n eerlike wyse met die lewe en spiritualtiteit in gesprek tree. Ons het 'n terugkeer na die eenvoudige, uitstulpende, bykans magiese vers."
prof Joan Hambidge, Universiteit van Kaapstad