ontmoet    digter    verhaalskrywer    joernalis    versvoorleser    blogger   
galery

BEELDENDE KUNS

In 1999 timmer ek beelde uit hout, giet brons en sweis staal vir 'n honneursgraad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Pretoria. Daarna werk ek vir agtien maande vir die beeldhoudosent, John McGill in Cambridge. Ek werkskaf ook vir die beeldhouer, Gerald Ogilverie Laing in Inverness, Skotland en by Kilmorack Gallery - 'n katedraal tussen die berge wat in die grootste kunsgalery in die Skotse Hoogland omskep is.

My eie beeldende kuns is 'n spel tussen natuur en bonatuur. 'n Jakkals ruik aan 'n vrou se hand: na wie aard ons? Wat is die verskuilde aard waarmee 'n lewende wese gebore word? Aartsbiskop Tutu staan op die strand met seevoëls wat agter hom migreer: waar aard ons, voel ons tuis? Die aarde as planeet verskyn in 'n aantal sirkelvormige skilderye, maar uiteindelik wens my kuns vir die terugkeer na Eden of die Nuwe Aarde. As die kind 'n pofadder onder 'n druiwetros vashou, is dit asof die vrede tussen dier en mens en God herstel.

uitstallings

galery

Vir navrae en bestellings: carinastander@carinastander.com