top of page

"Alles is ’n spel tussen natuur en bonatuur....​"

ONTMOET CARINA STANDER

Ontmoet Carina

Carina Stander (gebore in 1976) was plaaskind in die Waterberge van Limpopo. Ná 'n honneursgraad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Pretoria, werk sy 'n paar jaar vir beeldhouers in Cambridge en die Skotse Hoogland. Sy neem deel aan talle groepsuitstallings (onder andere Sasol Nuwe Handtekeninge) en hou vyf solokunsuitstallings. Sedert 2006 is sy vryskutjoernalis by 'n tiental nasionale tydskrifte en koerante, was twee maal Artikelskrywer van die Jaar by ‘n Media24 tydskrif en finalis vir ‘n AKTV-Mediaveertjie. Sy publiseer in versamelbundels en van haar kortverhale en gedigte is vir skole voorgeskryf.

Ná 'n meestersgraad (met lof) in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, verskyn haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg, (Tafelberg 2006). Dit was op die kortlys vir die Universiteit van Johannesburg debuutprys en agt van dié gedigte is in Groot Verseboek opgeneem. 'n Handvol gedigte uit haar tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke (Tafelberg, 2009) is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep, Souldada vir hul CD's Oer de grins en Watervolk, asook deur Herman van den Berg vir sy CD, Onthou. Saam die tjellis, die Ha!man (Francois le Roux) bring sy 'n versmusiek-CD uit waarop sy 15 van haar gedigte voorlees.

Wildvreemd, haar debuutroman, verskyn in 2011 by Tafelberg. Dis by Lanzerac in Stellenbosch en by ‘n kunsgalery in Pretoria bekendgestel in samehang met haar inksketse van karakters en tonele uit die boek. Wildvreemd is in Nederlands vertaal deur Riet de Jong-Goossens (Uitgeverij Athenaeum, 2013). Wildvreemd was die voorgeskrewe roman vir gr12 Afrikaanse privaatskole (IEB) vir 2014 tot 2016. Van Cordis Trust ontvang Carina die Orde van die Goue Pen en sy gebruik dié publikasieprys om haar seun, Aden van Niekerk, se eie vertellings en sy kinderkuns byeen te bring in Wolkland (2013) - 'n kinderboek deur 'n kleuter. In 2015 is Carina en regisseur Matthys Boshoff se konsep vir 'n kinderfliek gekeur om gementor te word deur Disney-Pixar en Triggerfish Animations.

Carina se roman Die Bergengel verskyn in 2017 by Protea Boekhuis en word bekendgestel met 'n solokunsuitstalling by Tina Skukan galery in Pretoria en die Breytenbachsentrum in Wellington. Die Bergengel is gekies vir Exclusive Books se Homebru-lys. Die opvolgboek, Die Wonderwese, sien die lig in 2019 en word bekendgestel met 'n aand van vuurtoertjies by Kleinkaap boektiekhotel en 'n kunsuitstalling by Knysna Fine Arts Gallery. Die derde boek in die reeks, Die Waterplek: Afrika, word in 2022 by De Kat-studio gevier asook by Kleinkaap boektiekhotel met harpmusiek. Die hele boekreeks is in geheel op Radio Sonder Grense voorgelees: Die Bergengel in 2018 en Die Wonderwese in 2021, terwyl Die Waterplek: Afrika van Feb-Junie 2023 voorgelees word. 

Carina woon sedert 2008 saam met haar man en twee seuns in die Tsitsikamma.

 

Nuut
reklame-waterplek-2-small-portrait.jpg

Die Bergengel-boekreeks

Lees die boekreeks Die BergengelWonderwese en Die Waterplek: Afrika wat ten volle voorgelees is op RSG.

IMG_9762.jpg

Joernalistiek

"Klopdisselboom met staalkabels tussen bosreuse"

 

Reisrubriek, Jan 2024

woorde soos water.jpg

Inksketse

Inksketse van Die Wonderwese en Die Bergengel.

Image by 🇸🇮 Janko Ferlič
reklame-waterplek-boekwinkel.jpg
Is jou boekklub, boekwinkel of biblioteek lus vir 'n voorlesing van verse of verhale

Kontak my gerus via vonkpos of Facebook.

bottom of page